Kultuur




Revue
Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit. Ut elit tellus, luctus nec ullamcorper mattis, pulvinar dapibus leo. Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit. Ut elit tellus, luctus nec ullamcorper mattis, pulvinar dapibus leo. Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit. Ut elit tellus, luctus nec ullamcorper mattis, pulvinar dapibus leo. Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit. Ut elit tellus, luctus nec ullamcorper mattis, pulvinar dapibus leo.
Oorsig
Die GF Spreekkoor by Laerskool lewer uitmuntende optredes en bou selfvertroue en sprekers-vaardighede onder leerders.
Seisoen
Voorbereiding vir die spreekkoor begin in die tweede kwartaal:
-Oudisies word gehou
-Leerders word ingeskryf by die Eisteddfod
-Gedigte word verwerk en afrigting begin
Geleenthede
Die leerders neem deel aan:
-Nelspruit Eisteddfod
-Skool se jaarlikse Sterreaand
Prestasies
Ons leerders se harde werk en toewyding word beloon met prestisie-toekennings:
2022: Prestige toekenning A++
2023: Prestige toekenning A++
2024: Prestige toekenning A++
Onder leiding van talentvolle afrigters soos Ina Lindeque, streef ons daarna om leerders se potensiaal ten volle te ontwikkel en voortreflike prestasies te behaal.
Organiseerder: Mev. Ina Lindeque
Die vaardighede klub begin in Kwartaal 1, sodra die atletiek voltooi is, en strek tot aan die einde van Kwartaal 4. Ons het een klas per week, waar leerders nuttige lewensvaardighede en handvaardighede aanleer.
In hierdie program leer ons o.a. hoe om:
– Knope aan te werk
– ‘n Speldekussing met die hand te maak
– Klere te verstel
– Tafel te dek (informeel sowel as formeel)
– Houtwerkvaardighede
Ons doen ook prettige aktiwiteite wat die fynmotoriese vaardighede bevorder, soos “diamond dots”, werk met lugdroog klei, die versiering van bottels en kunsvlyt deur van weggooibare materiale gebruik te maak.
Organiseerder: Mev. Belinda I’Ons
Oorsig
Sedert 2011 is die Komati Voortrekkers ‘n beduidende vaardigheid- en karakterbou-organisasie in ons dorp. As ‘n kultuurbeweging rus die Voortrekkers ons jeug toe om as moderne Afrikaners, positiewe burgers en konsekwente Christene hul roeping deur diensbaarheid uit te leef. Die geskiedenis van die Voortrekkers is een van deursettingsvermoë, toewyding en opoffering.
Missie en Visie
Ons missie is om kinders se karakter deur Bybels-Christelike waardes te vorm en hulle toe te rus om ‘n betekenisvolle en positiewe bydrae tot die land en kontinent te lewer. Ons visie is om ‘n lewenskragtige, saakmakende kultuurorganisasie te wees wat kinders die geleentheid bied om hul kultuur in die natuur deur avontuur te geniet en om as oortuigde Christene gemeenskapswaardes te bevorder.
Aktiwiteite en Projekte
Ons plaaslike kommando is betrokke by verskeie projekte, insluitend:
-Wildwerende heining skoonmaak in die Kruger Nasionale Park
-Jaarlikse kersgeskenke aan die veldwagters
-Projekte soos die Duke skeletrekonstruksie
-Byeenkomste en Kampe
-Weeklikse byeenkomste
-Twee plaaslike naweekkampe
-Een streekkamp
-Eie Verkennerkampe in die wildtuin
-Verskeie vakansiekampe regoor die land
Ons Storie
Die verhaal van die Voortrekkers oor dekades heen is een van historiese feeste, monumente bou en erfenisse bewaar. Dit is ‘n storie van pret, kameraadskap en avontuur, van deursettingsvermoë, toewyding en aanpasbaarheid. Ons streef daarna om leiers te ontwikkel wat ‘n verskil maak deur praktiese omgee, diensbaarheid en liefde vir Afrikaans, die Afrikanerkultuur en ons gemeenskap.
Waarde
Deelname aan die Redenaarsprogram help leerders om selfversekerde sprekers te word en hul stem te lug. Kommunikasie- en redenasievermoë is sleutelvaardighede wat almal benodig, en om dit in jou moedertaal te kan slyp, is ’n bonus! Redenering vereis kreatiewe strukturerings- en organisasievorme, sowel as emosiebeheer. Dit help ook met konflikhantering deur kalm en positiewe kommunikasie, wat jou selfbeeld en selfvertroue versterk.
Ons Interhuis Redenaarskompetisie word tydens Kwartaal 1 gehou, waar die beste drie sprekers per fase deurdring na die eerste rondte van die ATKV-Redenaarskompetisie. Dit vind jaarliks plaas by Hoërskool Generaal Hertzog in Witbank. Skoolvervoer word verskaf.
Afrigting
Sprekers is self verantwoordelik vir die toespraak. Die skool verleen hulp met die afronding van toesprake, asook die voorbereiding van onvoorbereide toesprake.
Organiseerders: Mevv. Ina Lindeque, Marietjie Stassen, Christien Dippenaar
Die ATKV Digikuns kompetisie bied aan leerders die kans om gedurende Kwartaal 1 kunswerke te skep, gebaseer op ‘n jaarlikse tema. Deelnemers kan self kies watter kunsmateriaal hulle wil gebruik. Die werke word digitaal opgelaai en deur ‘n ATKV-paneel beoordeel.
Deelnemers ontvang sertifikate van deelname met die simbole wat hulle behaal het, en die wenners in elke kategorie se werke word aanlyn vertoon. Jaarliks is daar ‘n groot belangstelling en deelname, met ‘n ryk oes van prestasies en A+ simbole.
Organiseerder: Mev. Marietjie Stassen
Ons KA Sanggroep is ‘n dinamiese en talentvolle groep leerders wat hul liefde vir musiek en sang deel. Ons is trots op hul prestasies en nooi alle leerders van Graad 4 tot 11 om deel te neem aan hierdie opwindende aktiwiteit.
Oefeninge
Die sanggroep oefen weekliks tydens die 2de en 3de kwartaal van die jaar. Ons beoefen ‘n verskeidenheid van liedjies en style om ons repertoire te verbreed en ons vaardighede te verbeter.
Geleenthede
Ons neem deel aan verskeie geleenthede en kompetisies, insluitend:
- Nelspruit Eisteddfod
- Huisgenoot Kunswedstryd
- Komatipoort Akademie se Sterreaand
- Kerssangdienste
- Ander geleenthede
Prestasies
Ons is trots op ons prestasies, insluitend:
2022: A-simbool Nelspruit Eisteddfod
2023: A-simbool
2024: Prestige toekenning
Organiseerders: Mevv. Marietjie Stassen en Maryke Fouche
Oorsig
Die Nelspruit Eisteddfod is ‘n jaarlikse hoogtepunt op ons skoolkalender en bevorder ‘n ryk kultuurlewe deur ‘n verskeidenheid aktiwiteite waar leerders hul talente ten toon kan stel.
Die Eisteddfod bied ‘n verskeidenheid geleenthede soos Afrikaans en Engels voordrag, drama en samespraak, sang, dans, kore, instrumente en visuele kuns. Hierdie aktiwiteite vul die hele Augustusmaand, met elke afdeling wat tydens ‘n spesifieke week plaasvind en eindig met ‘n galageleentheid waarna van die beste presteerders uitgenooi word.
Inskrywings
Inskrywings word in Kwartaal 2 afgehandel, en die kompetisie vind in Nelspruit plaas gedurende Kwartaal 3.
Komatipoort Akademie dra die koste van elke eerste inskrywing, terwyl verdere inskrywings en vervoer na Nelspruit op ouers se eie koste is, behalwe vir die GF Spreekkoor en KA Sanggroep-deelnames.
Prestasies
Ons spog jaarliks met ‘n ryk oes van prestige toekennings en goue simbole vir uiteenlopende items. Uitsonderlike prestasies vir 2024 sluit o.a. in:
GF Spreekkoor met prestige toekennings (vir drie agtereenvolgende jare)
Klavier prestige Leane Ohlssen
kuns prestige
dans prestige
drama prestige
sang prestige
Dansgroep: Prestige A++ 96%
Christn Engelbrecht: Trofee vir beste Engels voordrag
In 2024 is die dansgroep en Christn Engelbrecht genooi na die prestige galageleentheid, wat hul uitsonderlike prestasies beklemtoon.
Organiseerder: LS Mev. Marietjie Stassen, Maryke Fouche, HS Mev. Mardo Lombard